Die groot dag

Die troue

Geleë in die Waterberge, vêr weg van die besige stadsgewoel, lê Mount Aqua. Die bruidspaar het hierdie pragtige omgewing gekies om trou aan mekaar te belowe. Hulle het dadelik warm en tuis gevoel met hulle eerste besoek en verduidelik opgewonde: "Ons weet sommer dat ons familie en vriende dieselfde sal voel. Dis die perfekte trouvenue en dit voel asof die plek spesiaal vir ons gebou is." Mount Aqua is op 'n 1000-hektaar bosveld wildsplaas langs 'n ongerepte dam geleë en spog met pragtige uitsigte. Voorwaar 'n skilderagtige omgewing.

Wanneer

5 Desember 2015

Meer inligting

Janneke en Raydon sal later meer inligting met julle deel oor die trou-seremonie, onthaal, kleredrag en roete-aanwysings. Intussen is julle welkom om na die troulokaal se webwerf te gaan loer vir meer inligting: www.mountaqua.co.za


Belangrik

Die bruidspaar wil graag hê dat alle gaste rustig kuier, sonder enige bekommernis, en hulleself tedeë geniet. Ons versoek dus vriendelik almal se ondersteuning dat geen kinders die troue bywoon nie.




Rigtingaanwysings

GPS koördinate:

24° 17′ 37.3″ S
28° 38′ 29.9″ E
of
24,29422 S
28,64094 E


Alternatief kan jy gerus die rigtingaanwysings hier aflaai:
Mount Aqua


Indien jy die GPS by die huis vergeet het, of jou slimfoon speel skielik 'n domfoon, kontak:
Elmar Burger: 082 054 0496


Google map:




Geskenkregisters

Julle teenwoordigheid en geselskap is groot genoeg geskenk vir die bruidspaar. Indien julle egter 'n geskenkie wil saambring, is julle welkom om deur die volgende lys van uitgekose items te soek. Ons dog maar ons maak dit makliker vir julle... ☺

Kliek op 'n logo om na ons geskenkregisters te gaan.

@Home Geskenkregister

MRP Home Geskenkregister

Die gevolg

Wat sal die bruidspaar sonder hulle taakmag kan doen? Janneke en Raydon het hulle regterhande met oorleg en liefde gekies. Elke persoon is op 'n besonderse wyse deel van hulle lewens en het belowe om hulle goed van hulle taak te kwyt.


Kom, ons vertel julle meer van hulle.



Janneke se diensmeisies:


Estelie Scheepers

Bynaam: Es

Estelie Scheepers – Hoofstrooimeise

Vandat sy 'n klein dogtertjie was, het Janneke opgekyk na haar ousus, Estelie, en haar bewonder vir haar leierskap, deernis en oneidige liefde. Estelie het altyd tyd gemaak vir haar jonger sussie en hulle het ure aaneen mekaar aangevat met TV-speletjies soos Tetris. Estelie het Janneke as kind gereeld uit benoude situasies en naelbyt-oomblikke gered en is steeds altyd slaggereed met goeie advies. Janneke weet sy kan op Es staatmaak om elke treë van hierdie droomreis reg langs haar te wees.



Carna Scheepers – Strooimeise

Carna is Janneke se pragtige jonger sussie en altyd daar vir haar; deur dik en dun. Sy is die een persoon op wie Janneke kan staatmaak om eerlik, opreg en vol pret te wees. Hulle het as kinders gereeld hulle mams se kombuis getakel om Wielie-Walie koekies te bak. Enige ma se nagmerrie! Janneke maak op Cora staat vir haar ondersteuning, uit-die-boks idees en kreatiewe beplanning – veral noudat sy haar groot dag beplan. Vanselfsprekend staan Cora dan ook aan die hoof van die henneparty se beplanningskomitee…

Carna Scheepers

Bynaam: Cora



Chanté de Vos

Bynaam: Ty

Chanté de Vos – Strooimeise

Chanté is Janneke se amper-skoonsussie. Sy het dadelik in Janneke se hart ingekruip daardie eerste dag wat hulle mekaar ontmoet het. Ty vergesel Janneke gereeld met haar gunsteling tyd-verdryf; shopping! Haar sprankelende persoonlikheid, gewilligheid en ondersteuning is ʼn testament van haar liefdevolle en goedige hart. Janneke vertrou op Chanté om haar troudag, soos sy met elke geleentheid doen, spesiaal en onvergeetlik te maak.



Simoné Louw – Strooimeise

"Soul Sister!" Simoné was van dag een af vir Janneke 'n rolmodel en ware vriendin. Van onnutsige tye by die werk tot diep geestelike gesprekke; die twee is soos Vinkel en Koljander. Janneke geniet Simi se eerlike opinies, wysheid, omgee en hulle lekker-lag-tye saam. Simi het vir Janneke baie geleer van die lewe, vriendskap, liefde en verhoudings. Dis te danke aan haar wyse raad dat Janneke vir Raydon so om haar pinkie kan draai…

Simoné Louw

Bynaam: Simi



Melissa Smith

Bynaam: Melis

Melissa Smith – Strooimeise

Hierdie vriendskap het nie water nodig om te blom nie. Janneke het vir Melissa vier jaar terug ontmoet en weet Melissa is ʼn blywende vriendin. Hulle kaskenades by die dam, wynproe-sessies en pittige gesprekke het vir Janneke lewenslange herinneringe gegee. Melis se unieke karakter, opregte vriendskap en toeganklike geaardheid is aansteeklik. Haar teenwoordigheid is altyd net 'n plesier en sy sal, soos per haar forté, die Groot Dag onvergeetlik maak.



Isabel Swanepoel – Strooimeise

Janneke se niggie is nie net oulik en beeldskoon nie, maar altyd slaggereed vir pret. Alhoewel Isabel heelwat jonger is as Janneke, het hulle saam grootgeword. Jare se lekker saam kuier, onbeheerde giggel oomblikke, inkopie-chaos en 'girl trips'; verseker dat Bella op Janneke se snelbel-lysie bly. Sy sal ongetwyfeld Janneke se troudag besonders maak met haar borrelende persoonlikheid, gawe vir lekker kuier en haar tong-in-die-kies ondeundheid.

Isabel Swanepoel

Bynaam: Bella




Raydon se bende:


Melvin Duvenhage

Bynaam: Mellies

Melvin Duvenage – Hoofstrooijonker

Raydon en Melvin vang al van hulle kinderjare af saam kattekwaad aan. Mellies is sowaar 'n opregte en eerlike vriend; die een persoon wat nie sal skroom om gevoelens aan te vat nie. Soos Dawid en Jonatan staan die twee mekaar deur dik en dun by. Raydon weet dat Mellies hom baie goed van sy taak sal kwyt en hom deurentyd sal bystaan. Mellies is ook aan die hoof van die bachelors komitee. Janneke se bekommernis, is dat Mellies die 'bachelors' té goed gaan beplan…



Zandré de Vos – Strooijonker

"What a man!" Dit was die mees natuurlikste besluit vir Raydon om Zandré te kies as ʼn strooijonker. Nie net is hy Raydon se jongste boetie nie, maar hy is ook sy heel beste vriend en konfidant. Zan-the-man laat almal altyd skaterlag, want hy sien gewoonlik die ligte kant van die lewe raak. Voor in die koor met sy Brakpan grappies, is Zandré heeltyd reg vir enige uitdaging. Raydon voel bevoorreg om Zandré aan sy sy te hê, want hy kan nie vir enige iets meer vra in ʼn klein boetie nie.

Zandré de Vos

Bynaam: Zan-the-man



Jannie Scheepers

Bynaam: Seun

Jannie Scheepers – Strooijonker

Raydon se toekomste swaer, Jannie Scheepers, is Janneke se enigste boetie. Jannie, alias Seun, se spontane persoonlikheid en unieke sin vir humor het onmiddellik aanklank by Raydon gevind. Jag, visvang, dans en braai is van die vele aktiwiteite wat hulle saam aflê. Hulle het vinnig goeie vriende geword en daarom beskou Raydon vir hom al lankal ʼn broer. As verteenwoordiger van die Scheepers gesin sal Seun seker maak dat Raydon betyds opdaag vir sy sussie se troue.



Christo Botha – Strooijonker

Christo is Janneke se neef en een van Raydon se rustigste en laid-back vriende. Hy bied altyd ʼn koelkop perspektief en Raydon beskou hom as "wise beyond his years". Stoffel se droë humorsin sorg vir lekker geselskap. Dit kan aangaan tot in die middernagtelike ure op die maat van musiek soos Royal Hotel en Ruiter van die Windjie. Moenie dat hierdie IT-man jou flous nie – hy speel ook die dromme vir ʼn band. Net soos met Quiz aande, sal die troue nie dieselfde wees sonder Stoffel nie.

Christo Botha

Bynaam: Stoffel



Brendan Smith

Bynaam: Fishboy

Brendan Smith – Strooijonker

"Brennie boy!" Praat van ʼn man met diepe wortels in Raydon se lewe. Hy en Raydon ken mekaar al van hulle vroeë kinderjare. Hulle staan juis bekend as die drie Pietersburg-musketiers (sien Spanner onder vir die derde lid van die berugte bende). Ongelukkig bly Fishboy nou in Kanada, maar dit doen geen afbreuk aan hulle vriendskap nie. Moet ons asseblief nie vra waar Fishboy sy bynaam gekry het nie. Belanghebbende partye kan hom direk by die troue vra. Dit maak vir interessante geselskap en juis die rede hoekom Fishboy die een persoon is wie dit nie mag misloop nie!



Brian Baragwanath – Strooijonker

Dit was vriendskap met die eerste oogopslag! Raydon en Brian ken mekaar al van doekjare en het saam leer kruip, loop, hardloop en motorfiets ry. Brian het om die draai van Raydon se ouma gebly, so kuier was letterlik loopafstand en ʼn hegte vriendskap het tussen hulle gevorm. Hulle het saam skoolgegaan en latere jare selfs saam gewerk. Spanner, so genoem om dat hy altyd gereedskap in sy hand het om iets reg te maak, is die derde en definitief die stoutste Pietersburg-musketier. Die wat vir Brian ken sal weet dat hy van enige okkasie ʼn onvergeetlike gebeurtenis kan maak.

Brian Baragwanath

Bynaam: Spanner