Die bruidspaar

Hulle storie

Die begin

Janneke en Raydon se storie begin in Junie 2010. Beide was eerstejaarstudente by Damelin Kollege in Pretoria. Raydon het maande lank Janneke van 'n afstand bewonder voor hy uiteindelik die moed bymekaar geskraap en aksie geneem het. Hy onthou: "Sy het soos ʼn regte model heen en weer in die gang geloop, diep in gesprek met iemand op haar selfoon. Daar en dan het ek besluit dat ek hierdie skoonheid met die sexy lang bene beter wil leer ken."

 

Raydon het niemand ontsien nie en het almal probeer omkoop om hierdie nooientjie se naam en nommer in die hande te kry; van klasmaats tot dosente het deurgeloop… maar hy het telkens teen ʼn muur vasgeloop.

 

Eendag na klas kry Janneke ʼn brief in haar kar se ruitveër wat lui: "Hallo Perdjie." Raydon het soos ʼn galante heer nader gestaan en homself voorgestel. Hulle het vir ʼn rukkie gesels, maar weereens is Raydon leë hande daar weg.

 

Ons held was egter (soort van) gelukkig daardie dag, want hy en Janneke het in dieselfde rigting gery. Raydon het seker gemaak dat hy langs Janneke stop by elke robot. Hy het selfs oor 'n paar verkeersligte gery, smekend vir haar selnommer. Tipies Janneke, was sy hardekwas en het elke keer gesê: "Jammer, ek gee nie my nommer vir vreemde mense nie."

 

Weke later het een van Raydon se kollegevriende 'n koekie by Janneke gebedel. Raydon het die gaping gesien en toegeslaan op sy prooi. Die res, soos hulle sê, is geskiedenis!

JA!

Na vier jaar van onafskeidbare vriendskap en liefde het Raydon op een knie gegaan en Janneke tydens ʼn baie romantiese ete gevra om hom die gelukkigste man in die wêreld te maak en sy vroutjie te word. Janneke het "JA" gesê!



Janneke se gedagtes

"Ons het so baie herinneringe saam en ek sal nie een oomblik daarvan met enige iemand anders wou deel nie. Raydon is my beste vriend en my enigste liefde."



Raydon se woorde

"Die koeël was deur die kerk die eerste dag wat ek Janneke se kookkos geproe het! Nee ernstig; Janneke vul my aan en voltooi my. Ek is onsaglik lief vir haar en is opgewonde om die res van ons lewens saam deur te bring."