Menu

Ons storie

  • Melvin & Melissa

    2007 — Langs die wedrenbaan

    Almal wat vir Melvin ken weet hoe gek hy oor motorfietse en quadwedrenne was. Dit is dus nie verbasend dat die paartjie se storie langs die wedrenbaan begin nie. Alhoewel Melissa en Melvin gesamentlike vriende gehad het, het die paartjie die eerste keer gesels toe Melissa gestrand was en ʼn saamrygeleentheid nodig gehad het. Hulle albei was nog op skool en Melissa vertel dat Melvin nie soos ʼn ridder opgetree het nie; inteendeel hy was blykbaar so bietjie nors. Ons glo dat hy dalk bietjie skaam was en nie geweet het hoe om voor die mooie Melissa op te treë nie. Wel, iets moes reg gewerk het, want van daai dag af was hulle vriende.

  • Melvin & Melissa

    2007 — Die eerste soen

    Melvin glo vas dat hy die eerste 'move' gemaak het met sy sjarmante geaardheid; maar blykbaar was Melissa die brawe een van die twee. Melissa vertel natuurlik dat een van Melvin se vriende haar gedaag het om die bruidegom te soen. Dit moes 'n baaaie goeie een gewees het, want net daar en dan het Melvin hoek, lyn en sinker vir Melissa geval. Komaan mense; dink julle rêrig dat Melvin en sy vriend nie kop-in-een-mus was nie!

  • Melvin & Melissa

    2008 — Pragtige paartjie

    2008 was 'n belangrike jaar in die pragtige paartjie se liefdesverhaal. Op 26 Oktober, het Melvin vir Melissa gevra om sy meisie te wees. Natuurlik het hulle liefde van daar af net geblom.

  • Melvin & Melissa

    2010-2014 — Die 'gap' jare

    'Fast forward' deur die vier jaar waarin die verliefdes soos vinkel en koljander was. Dit was duidelik aan almal dat die twee se gevoelens vir mekaar nooit sal verander nie en dat hulle bymekaar hoort. Gedurende hierdie tydperk is hulle saam deur diepe waters, het hulle asemrowende bestemmings besoek, was hulle by gesellige familiegeleenthede, saam vriende op prettige avonture en het die twee heeltyd die lewe hand-aan-hand aangepak – nes dit behoort te wees tussen verliefdes.

  • Melvin & Melissa

    2015 — Op een knieg

    Uiteindelik! Agt jaar later, op 6 November 2015, het Melvin die groot vraag gevra by Kapama. Soos almal vir Melvin ken, was die affêre haarfyn beplan tot in die fynste detail. Alles het perfek verloop... totdat Melissa siek geword het.

    Die paartjie moes byna minute voor die beplande groot vraag die wildrit kortknip en omdraai huistoe. Net daar en dan het Melvin besef dis nou of nooit! Hy het sy moed bymekaar geskraap, op een knieg gegaan en Melissa gevra om met hom te trou. Dit terwyl 'n bakkie vol toeriste aan die anderkant van die rivier gesit en wag het vir die groot oomblik. Gelukkig het Melvin se 'stage fright' nie oorgeneem nie, anders het ons nóg agt jaar gewag.

  • Melvin & Melissa

    2016 — Die twee word een

    Ons bruidspaar het 22 Oktober 2016 uitgesonder om voor familie en vriende in die huwelik te treë. Wat ʼn voorreg om die eerste dag van die res van hulle lewe as Meneer en Mevrou Duvenage saam hulle te kan deel.

    Melissa en Melvin kan nie wag om julle daar te sien nie!

2007

Melvin & Melissa

Langs die wedrenbaan

Almal wat vir Melvin ken weet hoe gek hy oor motorfietse en quadwedrenne was. Dit is dus nie verbasend dat die paartjie se storie langs die wedrenbaan begin nie. Alhoewel Melissa en Melvin gesamentlike vriende gehad het, het die paartjie die eerste keer gesels toe Melissa gestrand was en 'n saamrygeleentheid nodig gehad het. Hulle albei was nog op skool en Melissa vertel dat Melvin nie soos 'n ridder opgetree het nie; inteendeel hy was blykbaar so bietjie nors. Ons glo dat hy dalk bietjie skaam was en nie geweet het hoe om voor die mooie Melissa op te treë nie. Wel, iets moes reg gewerk het, want van daai dag af was hulle vriende.

2007

Melvin & Melissa

Die eerste soen

Melvin glo vas dat hy die eerste 'move' gemaak het met sy sjarmante geaardheid; maar blykbaar was Melissa die brawe een van die twee. Melissa vertel natuurlik dat een van Melvin se vriende haar gedaag het om die bruidegom te soen. Dit moes 'n baaaie goeie een gewees het, want net daar en dan het Melvin hoek, lyn en sinker vir Melissa geval. Komaan mense; dink julle rêrig dat Melvin en sy vriend nie kop-in-een-mus was nie!

2008

Melvin & Melissa

Pragtige paartjie

2008 was 'n belangrike jaar in die pragtige paartjie se liefdesverhaal. Op 26 Oktober, het Melvin vir Melissa gevra om sy meisie te wees. Natuurlik het hulle liefde van daar af net geblom.

2010 - 2014

Melvin & Melissa

Die 'gap' jare

'Fast forward' deur die vier jaar waarin die verliefdes soos vinkel en koljander was. Dit was duidelik aan almal dat die twee se gevoelens vir mekaar nooit sal verander nie en dat hulle bymekaar hoort. Gedurende hierdie tydperk is hulle saam deur diepe waters, het hulle asemrowende bestemmings besoek, was hulle by gesellige familiegeleenthede, saam vriende op prettige avonture en het die twee heeltyd die lewe hand-aan-hand aangepak – nes dit behoort te wees tussen verliefdes.

2015

Melvin & Melissa

Op een knieg

Uiteindelik! Agt jaar later, op 6 November 2015, het Melvin die groot vraag gevra by Kapama. Soos almal vir Melvin ken, was die affêre haarfyn beplan tot in die fynste detail. Alles het perfek verloop... totdat Melissa siek geword het.

Die paartjie moes byna minute voor die beplande groot vraag die wildrit kortknip en omdraai huistoe. Net daar en dan het Melvin besef dis nou of nooit! Hy het sy moed bymekaar geskraap, op een knieg gegaan en Melissa gevra om met hom te trou. Dit terwyl 'n bakkie vol toeriste aan die anderkant van die rivier gesit en wag het vir die groot oomblik. Gelukkig het Melvin se 'stage fright' nie oorgeneem nie, anders het ons nóg agt jaar gewag.

2016

Melvin & Melissa

Die twee word een